meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wie sê wat?

Monday 8 May 2017

Wie sê wat?

In die middle van die nagLê daar ‘n miljoene woorde en wag
Om in rye in te val
My gemoed oorval

Ek sou tog reken
Dat dit iets moet beteken
Dat die wysheid wat daarin lê
Dalk iets vir my wil sê

Soos die bakker se deeg
Lê ek hier leeg
En wonder oor die lewe
Oor die woorde geskrewe

Soms maak dit nie sin nie
En weet ek nie van hul koms nie
Die boodskap wat daarin lêEn wie dit vir my wil sê

 Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment