meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Reeds vervul

Monday 15 May 2017

Reeds vervul

Die begeertes van my hart
Laat my gedagtes in rigtings spat
Van wense reeds vervul
In liefde en vreugde gehul

Die vreugde wat dit bringLaat my luidskeels sing
Van pure genot
Oor my selfopgelegde lot

Want die rigting wat dit vat
Is altyd die regte pad
Nooit die verkeerde afdraai
Altyd die regte kaai

Al is dit van korte duur
En ek die werklikheid moet verduur
Verkies ek om daar te bly
En dis waar jy my sal kry

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment