meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Toneelspeel

Thursday 18 May 2017

Toneelspeel

Wanneer die son jou verlig
Is dit ‘n pragtige gesig
Blink en mooi
In wit getooi

Die vorm van jou lyf
Wat hier oor my dryf
Laat my skimme sien
Van beelde of drome, miskien

Die een vorm na die ander
Soos die windjie jou verander
Soos ‘n toneelstuk op die plank
Sweef jy oor die land

Sodat almal jou kan sien
‘n miljoen miskien
Maar net ‘n paar let op
Na die toneelspel bo hul kop

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment