meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die maan in die golf

Sunday 21 May 2017

Die maan in die golf

Hoe het dinge dan so verander
Want hier lê die maan op ‘n brander
So naby ek kan amper aan hom vat
As die water net nie so wil spat

Dan val hy in stukke
Al gaan dit goed met rukke
Dan kom lê hy aan my voete
Soos ‘n ou ou boete

Saam met die golwe rol hy om en om
Maar laat my elke keer stom
As hy weer aanmekaar vleg
Terwyl ek teen die eensaamheid veg

Want ek is eensaam met myself
Ek verloor myself
En soos die stukke van die maan
Sal ek weer regop staan

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment