meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek dra die kroon

Monday 8 May 2017

Ek dra die kroon

Ek dra die kroon
Van my Vader wat in my woon
Want in my hart is daar ‘n plek
Wat oor die hele aarde strek
Om elkeen te ontmoet
Wat na liefde soek

 Want die liefde woon in my
Waar my Vader bly
Soos water vloei dit voort
Soos vrugte in die boort
Pluk dan nou ‘n appel vir jou
Wat jy vir ewig in jou hart kan hou

 Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment