meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: April 2026

Monday, 20 April 2026

Op sterwe

 

Langs ‘n dam in die berge

Lê ek op sterwe

En wag elke dag

Vir die deur om oop te gaan

 

Om in die niet te verdwyn

Na daar waar die son sal skyn

Die deur agter my toemaak

In die ewigheid wegraak

 

Want ons weet glad nie

Wat gaan gebeur nie

Ons kan maar net hoop

Daar is ‘n pad om te loop

 

Want as daar ‘n god bestaan

Voor watter een sal ek staan?

en wat ek nie wis nie

Is of daar ‘n god is of nie

 

Lukas Engelbrecht

Vettie

 

Haar vet rol oor die straat

Haar wange bewe as sy praat

 

Lukas Engelbrecht

Sunday, 19 April 2026

Die lewe gebeur

 

Wanneer ek na die waters staar

En my gedagtes na benede daal

By die bodem verby

Daar sien ek jou

 

Al is jy al ver oor die brug

Roep my verlange jou terug

Na dit wat ek nie kon doen

Jou nog net eenkeer kon soen

 

Maar die lewe het gebeur

En ons liefde versteur

 

Lukas Engelbrecht

Friday, 17 April 2026

Die wind bring hartseer

 

Die wind bring hartseer oor die see

Dan val die trane voor my neer

Die golwe slaan teen my vas

Gedagtes oor hoe dit was

 

Die wind het iewers gaan lê

Liefde soos wat ek dit wou hê

Dan lê die son weer oor die see

En skyk versigtig om my heen

 

Maar die son het gesak

En die maan sy tas gepak

En die stilte raas in my oor

‘n donker toerkoms voor

 

Maar die aandster sal weer skyn

En ek dink die storm het verdwyn

Maar dan slaan die donderweer

Hoe verduur ek al die seer?

 

Lukas Engelbrecht

Wednesday, 15 April 2026

Die Seer

 

My gedagtes maal alweer

Alweer oor die seer

Altyd oor die seer

Hoe kan ek dit keer?

 

Dit vloei soos water

Soos die golwe van die see

Weer en weer

Maak dit seer

 

Soos die wind die wolke bring

En die reen uit hulle dwing

So is my gedagtes binne-in

Om weer na buite te spring

 

Hoe bere ek hulle weg

Soos ‘n ou leer in ‘n kas?

Hoe vergeet ek van die seer?

Hoe vergeet ek van jou seer?

 

Lukas Engelbrecht