meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die son skyn

Sunday 7 May 2017

Die son skyn

Die son skyn op elke boom
Elke blom elke bossie
Almal kry eweveel van die son
So is dit ook met die mens
Wat eweveel van U liefde geniet
En al staan ons in U lig
Kan ons dit nie sien
En eers as die donker dae kom
Dan eers kan ons dit sien
Laat ons dan om ons kyk
Waar U vir ons wegkruip
Laat ons U vind
In die sonskyn, in die wind

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment