meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wasem

Wednesday 17 May 2017

Wasem

Agter die horizon kruip hulle weg
En rol dan oor vir die geveg
Dan kom die donder en reën
Maar ons sien dit as ‘n seën

Weant dit is die reën wat die aarde was
Die stof laat terugkeer na waar dit was
En ons staan ons en verwonder
Aan die reën en die gedonder

Dan keer die reën na die rivier
Na die drinkplek van die dier
Om sy tog voort te sit
Op sy seewaardse rit

Net om ‘n volgende keer
Weer terug te keer
En van vooraf te begin
Al is dit net in wasem
 

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment