meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Vreet saam

Thursday 18 May 2017

Vreet saam

Dis die honde wat my pla
Wat kort kort kos kom vra
Wat saam wil vreet
Aan die vleisie wat ek eet

Ek jag hom weg
Ek sê hom sleg
Ek sê: ”Voertsek
Jou vrek”

Die vleisie wat ek kou
Is nie vir jou
Die oorskiet is vir jou
Oop-bek kan jy kou

Jy gaan ook heen
Met die vet en die been
Waaraan jy heeldag kan vreet
Aan dit wat ek nie wil eet


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment