meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: My idees

Thursday 4 May 2017

My idees

Wanneer woorde tussen hemel en aarde lê
En die ink nat in my pen bly lê
Vorm die woorde ‘n nuwe skildery
Iewers diep binne in my

Maar wanneer die wind begin waai
En die papier met woorde besaai
Is die boodskap wat dit gee
Vreemder as my eie idee

 Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment