meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek let op

Thursday 18 May 2017

Ek let op

Ek kyk na almal wat om die tafel sit
En gaan op ‘n verwonderingsrit
Want die sirkus wat ek aanskou
Moet ek my lag probeer inhou

Want die verskeidnheid is groot
En sommige in die nood
Want die verstand ontbreek
Soos ‘n borsspeld vasgesteek

Sommige het verstaan
Ander moet laat staan
Want hul denkvermoë is nie
Redenasievermoë ook nie

Sommige kan maklik begryp
Ander uit die bus geval
Om oor en oor te verduidelik
Maar sien ook nooit die lig

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment