meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Dis nag

Wednesday 17 May 2017

Dis nag

Die donker oordonder die lig
Wat uiteindelik moet swig
Dan bedek hy die land
Van hoek tot kant

Die lig is uitgedryf
Oor die horizon geskuif
Om in die verte te verdwyn
En in sy eensaamheid te kwyn 

Want sy strale sien jy nie meer
Hy is in sy dop gekeer
En tog is daar ‘n lig
‘n Sterretjie in die lug

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment