meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte

Friday 26 May 2017

Op soek na kossies


Ek delf die dieptes in
Vir water met my kossies in
Van diep onder die aarde uit
Kry ek my kos uit die water uit
Want wanneer die lente kom
En die voëltjies kom
Sal hy my met blare aantrek
En kos gee vir die voël se bek
Wanneer die herfs my blare verkleur
En dit van my lyf af skeer
En hy laat my naak hier staan
Totdat die voëltjies ook gaan
Maar die winter laat my koud
Al staan ek in ‘n woud
Op die oog af dood
As ek my wortels dieper stoot
 
Lukas Engelbrecht