meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Skyn tog weer

Wednesday 17 May 2017

Skyn tog weer

Niks kan ooit bestaan
As die son onder gaan
Want in sy strale toegevou
Lê die kleure van die pou

Wanneer sy strale nie meer skyn
Het al die kleure ook verdwyn
Net die swart van die nag
‘n Blindheid wat daar wag

Maar die oggend bring weer kleur
Wanneer jou strale deur die donker beur
My sig keer dan terug
Met jou strale se lig

Jy bepaal die dag en nag
Met jou lig se krag
Jy laat die plante groei
Jy laat die blomme bloei

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment