meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Oud word

Thursday 11 May 2017

Oud word

Wanneer ‘n ding aanen jou lyf kom knaag
En die ledemate word traag
En die luidspreker word hees
Is jy deel van “ou mens” wees

Wanneer daar ‘n bewe aan jou hand kom sit
En is hulle ook nie van enige nut
Want die vingers word krom en styf
Het jy dalk ‘n “ou mens” lyf

Wanneer die bene begin te wankel
En die ore raak stil
En jou vriende los jou wees
Is jy deel van “ou mens” wees

Wanneer jy ‘n pil het vir elke skeet
Al het jy die rede lankal vergeet
En jy opstaan met ‘n styf
Het jy dalk ‘n “ou mens” lyf

Want oud moet jy word
Voordat jy oor die afgrond stort
Om ‘n vrede te beleef
En die ewigheid in te sweef

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment