meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek wonder oor U

Thursday 11 May 2017

Ek wonder oor U

Ek sit en wonder oor U mag
Het U regtig die krag
Om gebede te verhoor
Wat U so baie moet aanhoor

Wat is dit wat ek dan moet doen
Om my met my wense te versoen
Die nuttelose gevoel
Het sekerlik tog geen doel

Want dit is uit my hand
Ek staan hier op die kant
Van die spel van my lewe
Wat ek teen myself verloor

Want die wenstreep is buite bereik
Wat net nog verder uitwyk
Want die spel wat ek speel
Word op ‘n andser veld gespeel

Ek het die pad buuister geraak
My reis het ek gestaak
Want die pad lei nêrens heen
Nou sit ek langs die pad en ween

Sal my trane se nat
Wat in die droë sand spat
Genoeg wees om my wense
Te laat gaan verby hul grense?

 Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment