meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die sonboer

Thursday 4 May 2017

Die sonboer

Die son kan maar oor die horizon loer
En tussen my groente kom boer
Want die saad is klaar geplant
Met die gedagtes in my hand

Die son het sy energie kom los
Vir my groente as kos
Om die water wat ek dit voer
In sy binneste te roer

Dan spruit dit uit
Oos, wes, noord, suid
Om die hele wêreld te vul
En te rank waar hy wil

Dan sal ek die vrugte pluk
En dit bêre in ‘n blik
Net om dit weer uit te deel
Om hul skade te heel

 Lukas Engelbrecht

 

 

No comments:

Post a Comment