meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Jy is wat jy is

Thursday 11 May 2017

Jy is wat jy is

Een molekuul energie uit die heelal
Het op die aarde kom val
Om om dit bymekaar te maak
‘n liggaam vir die taak

‘n Taak volgens die liggaamGekoppel aan ‘n naam
Want die vermoeëns wat hy kry
Dit is jy

Jy kan nie anders wees
Dit is ek bevrees
Want jy is wat jy is
Omdat jy is wat jy is

Wanneer die heelal sy energie opeis
Is dit die einde van die reis
Dan val alles weer uitmekaar
Om ‘n nuwe liggaam te baar

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment