meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die aandlig

Sunday 21 May 2017

Die aandlig

Die aandlig daal neer
Soos ‘n swart sambreel
Om die aarde te bedek
Wat nostalgie in my wek

Die ou dae kom terug na my
Al is dit lankal verby
Maar tog onthou ek dit
Waar ek in eensaamheid sit

Maar ek onthou net die goed
Al die ander het ek gegroet
Dit agter my gesit
En nou vergeet ek dit

Maar die goeie sal voortleef
Die waaraan ek sal kleef
Om net die beste te onthou
In die ouderdom se kou

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment