meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek staar

Sunday 21 May 2017

Ek staar

Ek staar die verte in
Tot in die hemele in
Ek soek iemand om mee te praat
Op soek na ‘n bietjie raad

‘n Miljoen vrae in my gemoed
Wat in my binneste woed
Want die vuur wat dit wek
Bring my tot by die hek

Maar ek staar vir ‘n uur
Na die hek in die muur
Vir ‘n hand om dit oop te maak
Al is dit net ‘n kraak

Maar dit is ‘n strik
Ek moet die hek self oopdruk
Om deur te loop
Vir ‘n klein bietjie hoop
 

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment