meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek bars uit

Friday 5 May 2017

Ek bars uit


Ek sit hier in die middle van ‘n klip
In die middle van die lewe se strik
Ek soek na ‘n bars na buite
Na wat ek sien deur die ruite
Van die prentjie in my kop

Want daar het ‘n prentjie ontstaan
Waarheen ek wil gaan
Maar die bars wat ek vind
Is met ongeloof gebind
Soos die tralies van ‘n trunk

Maar dan kom die reën
Die trane van my geween
En syfer deur die kraak
En los my naak
Wanneer die klip verder kraak

 Dan spring ek vinnig uit
Sommer deur die ruit
En verbaas my na die son wat om my skyn
Die donker van die klip het verdwyn
En glo ek in dit wat kan wees

 Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment