meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: ‘n Glasie water

Wednesday 17 May 2017

‘n Glasie water

Droog staan ‘n stomp
Gestroop van sy romp
Maar deur water omring
Wat sy voeding moes bring

Die mens is ook so
As hy maar net kon glo
Anders sal hy ook vergaan
Waar hy in ‘n dam water staan

Want die dam is die lewe
Alles is gegewe
Maar die voeding vloei verby
Sonder dat hy syne kry

Oorgenoeg om van te drink
Maar nie genoeg word geskink
Net ‘n glassie is sy deel
Het hy himself verbeel

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment