meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Melk vir die plante

Thursday 18 May 2017

Melk vir die plante

Die wolke hang in die lug
Soos melk vir die vrug
Om in druppels af te vloei
Sodat die plante weer kan groei

Maar dit hang nog steeds daar
Waar dit oor die aarde vaar
Om bymekaar te kom
Met ‘n sagte brom

Dan is almal bymekaar
En dan is die gort gaar
Dan raak hulle gemeen
Met die blitse se gedreun

Hulle baklei dat die sop spat
En maak die aarde nat
Soos melk vir die plant
‘n lafenis vir die land

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment