meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: My pen droom

Wednesday 17 May 2017

My pen droom

Die vrug van die land
Lê hier in my hand
Want in die saad skuil ‘n boom
In my pen lê daar ‘n droom

Want die woorde kom nie van my
Weet nie vanwaar ek dit kry
Maar dit kom lê hier op my oor
Sonder dat ek dit hoor

Soos ‘n droom in die nag
Lê die woorde vir my en wag
Dit na vore kan tree
As ek dit lewe gee

Soms verstaan ek nie ook
En skryf maar net voort
Maar eendag sal ek wel
Dan sal ek jou vertel


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment