meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die son se lewe

Wednesday 17 May 2017

Die son se lewe

Ek sê dankie vir die son
Dat hy elke dag op sal kom
Dat hy my lewe gee
En tog ook rus gee

Was dit nie vir jou lig
Had ek ook geen sig
Dan was ek in die donker gehul
En het die donker my ingesluk

Sonder jou sal die dood intree
En alles van die aarde vee
‘n Dorre, koue woestyn
En dan die dood se pyn

Maar jou strale lewe
Die lewe ‘n gegewe
Ek hoop jy gaan nooit af
Want van jou hang die lewe af


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment