meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Oor die water

Wednesday 17 May 2017

Oor die water

Ek huppel oor die water heen
Wat onder my tone kreun
Ek krap sy hare deurmekaar
As ek oor die water vaar

Ek maak golfies op sy rug
En dan staan ek terug
Dan kom ek weer terug
Vir nog golfies op sy rug

Jy kan my hoor, jy kan my voel
Waar ek oor die water woel
Jy kan my nie sien
In die golfies miskien

Op my eie musiek sal ek dans
Gee my net ‘n kans
Ek draai en ek swaai
As ek oor die water waai

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment