meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Klein klein

Sunday 14 May 2017

Klein klein

In die aandlig se ster
Daar doer, daar ver
Wat skyn vir ‘n miljoen jaar
In ‘n oogwink gebaar
Wonder ek hoe klein ek is

Want op die aarde sit ek hier
‘n Klein kolletjie soos ‘n mier
Want die afstand tussen hier en daar
Waar ek na jou staan en staar
Laat my nietig en klein

Hoe sal my verstand kan verstaan
Waaruit die heelal bestaan?
Hoe sal ek ooit weet?
Hoe sal ek dit meet?
Die grootheid om my heen

Maar ek kyk na jou
En jy let nie eers op
En ek sien jou lig
En jy is nie eers bewus
Van die klein, klein kolletjie in die lug

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment