meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Grys om die lyf

Sunday 14 May 2017

Grys om die lyf

Kaal gestroop van die lewe
Staan hy in die koue en bewe
Want grys is sy lyf
Wat hy die hemele in dryf

Maar gelukkig vir hom
Sal die lente weer kom
Om hom aan te trek
Sy liggaam te bedek

Want lowergroen in die blaar
Wat die eerste lentereën baar
Om my te verwonder
Aan God se wonder
 

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment