meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek voorsien

Wednesday 17 May 2017

Ek voorsien

Ek gee kossies
Aan al die bossies
Ook die diere wat wil vreet
Sal ek nie vergeet

Hulle hoef my niks te vra
Hulle hoef ook nie te kla
Al sall hulle dit nie verdien
Sal ek nogtans voorsien

Want die lewe lê in my
En jy kan ook daarvan kry
Wanneer my strale jou bedek
Wat die lewe in jou wek

Sonder my is daar nood
En stadig kom die dood
En alles sal vergaan
En niks sal bly staan

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment