meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Nooit vervelig

Thursday 18 May 2017

Nooit vervelig

Dit sal my nooit verveel
Die toneelstuk wat jy speel
Ek kyk vir ure na jou
Hoe jou verhaal ontvou

Ek sien maar net die helfde
Al is dit elke jaar dieselfde
Van die lewe tot die dood
Gaan jou verhaal nogtans voort

Om elke jaar van voor af te begin
Om uit die dode op te staan
Om te baklei vir jou voortbestaan
En altyd te oorwin

Ek verwonder my aan die natuur
Dit wat dit moet verduur
Om op te staan uit die dood
Te groei tot waar dit hoort

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment