meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2017

Friday 26 May 2017

Op soek na kossies


Ek delf die dieptes in
Vir water met my kossies in
Van diep onder die aarde uit
Kry ek my kos uit die water uit
Want wanneer die lente kom
En die voëltjies kom
Sal hy my met blare aantrek
En kos gee vir die voël se bek
Wanneer die herfs my blare verkleur
En dit van my lyf af skeer
En hy laat my naak hier staan
Totdat die voëltjies ook gaan
Maar die winter laat my koud
Al staan ek in ‘n woud
Op die oog af dood
As ek my wortels dieper stoot
 
Lukas Engelbrecht
 
 

Sunday 21 May 2017

Die maan in die golf

Hoe het dinge dan so verander
Want hier lê die maan op ‘n brander
So naby ek kan amper aan hom vat
As die water net nie so wil spat

Dan val hy in stukke
Al gaan dit goed met rukke
Dan kom lê hy aan my voete
Soos ‘n ou ou boete

Saam met die golwe rol hy om en om
Maar laat my elke keer stom
As hy weer aanmekaar vleg
Terwyl ek teen die eensaamheid veg

Want ek is eensaam met myself
Ek verloor myself
En soos die stukke van die maan
Sal ek weer regop staan

Lukas Engelbrecht

Die aandlig

Die aandlig daal neer
Soos ‘n swart sambreel
Om die aarde te bedek
Wat nostalgie in my wek

Die ou dae kom terug na my
Al is dit lankal verby
Maar tog onthou ek dit
Waar ek in eensaamheid sit

Maar ek onthou net die goed
Al die ander het ek gegroet
Dit agter my gesit
En nou vergeet ek dit

Maar die goeie sal voortleef
Die waaraan ek sal kleef
Om net die beste te onthou
In die ouderdom se kou

Lukas Engelbrecht

Ek staar

Ek staar die verte in
Tot in die hemele in
Ek soek iemand om mee te praat
Op soek na ‘n bietjie raad

‘n Miljoen vrae in my gemoed
Wat in my binneste woed
Want die vuur wat dit wek
Bring my tot by die hek

Maar ek staar vir ‘n uur
Na die hek in die muur
Vir ‘n hand om dit oop te maak
Al is dit net ‘n kraak

Maar dit is ‘n strik
Ek moet die hek self oopdruk
Om deur te loop
Vir ‘n klein bietjie hoop
 

Lukas Engelbrecht

Thursday 18 May 2017

Vreet saam

Dis die honde wat my pla
Wat kort kort kos kom vra
Wat saam wil vreet
Aan die vleisie wat ek eet

Ek jag hom weg
Ek sê hom sleg
Ek sê: ”Voertsek
Jou vrek”

Die vleisie wat ek kou
Is nie vir jou
Die oorskiet is vir jou
Oop-bek kan jy kou

Jy gaan ook heen
Met die vet en die been
Waaraan jy heeldag kan vreet
Aan dit wat ek nie wil eet


Lukas Engelbrecht

Nooit vervelig

Dit sal my nooit verveel
Die toneelstuk wat jy speel
Ek kyk vir ure na jou
Hoe jou verhaal ontvou

Ek sien maar net die helfde
Al is dit elke jaar dieselfde
Van die lewe tot die dood
Gaan jou verhaal nogtans voort

Om elke jaar van voor af te begin
Om uit die dode op te staan
Om te baklei vir jou voortbestaan
En altyd te oorwin

Ek verwonder my aan die natuur
Dit wat dit moet verduur
Om op te staan uit die dood
Te groei tot waar dit hoort

Lukas Engelbrecht

 

Toneelspeel

Wanneer die son jou verlig
Is dit ‘n pragtige gesig
Blink en mooi
In wit getooi

Die vorm van jou lyf
Wat hier oor my dryf
Laat my skimme sien
Van beelde of drome, miskien

Die een vorm na die ander
Soos die windjie jou verander
Soos ‘n toneelstuk op die plank
Sweef jy oor die land

Sodat almal jou kan sien
‘n miljoen miskien
Maar net ‘n paar let op
Na die toneelspel bo hul kop

Lukas Engelbrecht

 

Melk vir die plante

Die wolke hang in die lug
Soos melk vir die vrug
Om in druppels af te vloei
Sodat die plante weer kan groei

Maar dit hang nog steeds daar
Waar dit oor die aarde vaar
Om bymekaar te kom
Met ‘n sagte brom

Dan is almal bymekaar
En dan is die gort gaar
Dan raak hulle gemeen
Met die blitse se gedreun

Hulle baklei dat die sop spat
En maak die aarde nat
Soos melk vir die plant
‘n lafenis vir die land

Lukas Engelbrecht

Ek let op

Ek kyk na almal wat om die tafel sit
En gaan op ‘n verwonderingsrit
Want die sirkus wat ek aanskou
Moet ek my lag probeer inhou

Want die verskeidnheid is groot
En sommige in die nood
Want die verstand ontbreek
Soos ‘n borsspeld vasgesteek

Sommige het verstaan
Ander moet laat staan
Want hul denkvermoë is nie
Redenasievermoë ook nie

Sommige kan maklik begryp
Ander uit die bus geval
Om oor en oor te verduidelik
Maar sien ook nooit die lig

Lukas Engelbrecht

Wednesday 17 May 2017

Spel van die lewe

Wanneer ons die spel speel
Sien ons hoe was dit gedeel
Want dit is die optrede van die mens
Wat aan waansin grens

Almal het nie eweveel gekry
Ander sal daarsonder moet ly
Ander het alles gekry
En verstaan nie waarom hy moet ly

Maar die wat het
Glo dit nie
En die wat nie hetGlo dit wel

Dit is die spel wat ons speel
Wat ons met ander deel
En dan verwonder ons, ons
Aan die wat anders is as ons
 

Lukas Engelbrecht

‘n Glasie water

Droog staan ‘n stomp
Gestroop van sy romp
Maar deur water omring
Wat sy voeding moes bring

Die mens is ook so
As hy maar net kon glo
Anders sal hy ook vergaan
Waar hy in ‘n dam water staan

Want die dam is die lewe
Alles is gegewe
Maar die voeding vloei verby
Sonder dat hy syne kry

Oorgenoeg om van te drink
Maar nie genoeg word geskink
Net ‘n glassie is sy deel
Het hy himself verbeel

Lukas Engelbrecht

 

Oor die water

Ek huppel oor die water heen
Wat onder my tone kreun
Ek krap sy hare deurmekaar
As ek oor die water vaar

Ek maak golfies op sy rug
En dan staan ek terug
Dan kom ek weer terug
Vir nog golfies op sy rug

Jy kan my hoor, jy kan my voel
Waar ek oor die water woel
Jy kan my nie sien
In die golfies miskien

Op my eie musiek sal ek dans
Gee my net ‘n kans
Ek draai en ek swaai
As ek oor die water waai

Lukas Engelbrecht

Skyn tog weer

Niks kan ooit bestaan
As die son onder gaan
Want in sy strale toegevou
Lê die kleure van die pou

Wanneer sy strale nie meer skyn
Het al die kleure ook verdwyn
Net die swart van die nag
‘n Blindheid wat daar wag

Maar die oggend bring weer kleur
Wanneer jou strale deur die donker beur
My sig keer dan terug
Met jou strale se lig

Jy bepaal die dag en nag
Met jou lig se krag
Jy laat die plante groei
Jy laat die blomme bloei

Lukas Engelbrecht

Ek voorsien

Ek gee kossies
Aan al die bossies
Ook die diere wat wil vreet
Sal ek nie vergeet

Hulle hoef my niks te vra
Hulle hoef ook nie te kla
Al sall hulle dit nie verdien
Sal ek nogtans voorsien

Want die lewe lê in my
En jy kan ook daarvan kry
Wanneer my strale jou bedek
Wat die lewe in jou wek

Sonder my is daar nood
En stadig kom die dood
En alles sal vergaan
En niks sal bly staan

Lukas Engelbrecht

Die son se lewe

Ek sê dankie vir die son
Dat hy elke dag op sal kom
Dat hy my lewe gee
En tog ook rus gee

Was dit nie vir jou lig
Had ek ook geen sig
Dan was ek in die donker gehul
En het die donker my ingesluk

Sonder jou sal die dood intree
En alles van die aarde vee
‘n Dorre, koue woestyn
En dan die dood se pyn

Maar jou strale lewe
Die lewe ‘n gegewe
Ek hoop jy gaan nooit af
Want van jou hang die lewe af


Lukas Engelbrecht

Dis nag

Die donker oordonder die lig
Wat uiteindelik moet swig
Dan bedek hy die land
Van hoek tot kant

Die lig is uitgedryf
Oor die horizon geskuif
Om in die verte te verdwyn
En in sy eensaamheid te kwyn 

Want sy strale sien jy nie meer
Hy is in sy dop gekeer
En tog is daar ‘n lig
‘n Sterretjie in die lug

Lukas Engelbrecht

Wasem

Agter die horizon kruip hulle weg
En rol dan oor vir die geveg
Dan kom die donder en reën
Maar ons sien dit as ‘n seën

Weant dit is die reën wat die aarde was
Die stof laat terugkeer na waar dit was
En ons staan ons en verwonder
Aan die reën en die gedonder

Dan keer die reën na die rivier
Na die drinkplek van die dier
Om sy tog voort te sit
Op sy seewaardse rit

Net om ‘n volgende keer
Weer terug te keer
En van vooraf te begin
Al is dit net in wasem
 

Lukas Engelbrecht

My pen droom

Die vrug van die land
Lê hier in my hand
Want in die saad skuil ‘n boom
In my pen lê daar ‘n droom

Want die woorde kom nie van my
Weet nie vanwaar ek dit kry
Maar dit kom lê hier op my oor
Sonder dat ek dit hoor

Soos ‘n droom in die nag
Lê die woorde vir my en wag
Dit na vore kan tree
As ek dit lewe gee

Soms verstaan ek nie ook
En skryf maar net voort
Maar eendag sal ek wel
Dan sal ek jou vertel


Lukas Engelbrecht

Windjie waai

Daar waar die horizon draai
Daar waar die windjie waai
Daar waar hy oor die vlaktes speelDeur die boom se blare neul

‘n Voëltjie het gaan lê

Daar waar die wolke op die windjie lê
En word saggies meegevoer
Hoër en verder weggevoer

Ek wens hy wil bedaar
Want hy waai my hare deurmekaar
Die bietjie wat ek het
Die bietjie wil ek red


Lukas Engelbrecht

Monday 15 May 2017

Opstaantyd

Ek staar na die horizon
Ek wag dat die son op sal kom
Of moet ek hom eers nooi
Om sy strale oor my te gooi

Stadig verkleur die nag
En word die donker sag
Dan loer hy oor die kop
En staan die hele wêreld op

Hy bepaal ons slap en opstaan
Anders sal ons vergaan

Lukas Engelbrecht

Reeds vervul

Die begeertes van my hart
Laat my gedagtes in rigtings spat
Van wense reeds vervul
In liefde en vreugde gehul

Die vreugde wat dit bringLaat my luidskeels sing
Van pure genot
Oor my selfopgelegde lot

Want die rigting wat dit vat
Is altyd die regte pad
Nooit die verkeerde afdraai
Altyd die regte kaai

Al is dit van korte duur
En ek die werklikheid moet verduur
Verkies ek om daar te bly
En dis waar jy my sal kry

Lukas Engelbrecht

 

Buite die grense

My gedagtes ver vann hier
Het ek die ewigheid ingestuur
Met begeertes en wense
Buite die heelal se grense

Om kennis in te samel
Al word die stemme stilEn my geduld raak op
En my gewonder naderhand stop

Nogtand luister vir ‘n geluid
Maar kyk deur die wasem op die ruit
Van die mis uit die rivier
Na die antwoord wat U stuur

Lukas Engelbrecht

So beplan

Ek kyk na die sterre daar bo
En ek probeer hard om te glo
Dat dit deur U so beplan
Of het U dit dalk verban

Lukas Engelbrecht

 

Ek roep

Ek roep die heelal in
Ek fluister en ek gil
My woorde weergalm teen die berg
Verby die son die heelal in

Maar daar is niemand wat dit hoor
En word in die heelal verloor
Om nie weer terug te keer
Waar ek wag op sy terugkeer

Maar my gille word stil
En my gille sterf stil
Waar dit deur die heelal spat
Elkeen op sy eie pad

Tevergeefs, moedeloos wag ek
Na die antwoord op ‘n gil
Net ‘n word, ‘n fluistering
‘n Verlange of ‘n wete

Lukas Engelbrecht

 

Sunday 14 May 2017

Klein klein

In die aandlig se ster
Daar doer, daar ver
Wat skyn vir ‘n miljoen jaar
In ‘n oogwink gebaar
Wonder ek hoe klein ek is

Want op die aarde sit ek hier
‘n Klein kolletjie soos ‘n mier
Want die afstand tussen hier en daar
Waar ek na jou staan en staar
Laat my nietig en klein

Hoe sal my verstand kan verstaan
Waaruit die heelal bestaan?
Hoe sal ek ooit weet?
Hoe sal ek dit meet?
Die grootheid om my heen

Maar ek kyk na jou
En jy let nie eers op
En ek sien jou lig
En jy is nie eers bewus
Van die klein, klein kolletjie in die lug

Lukas Engelbrecht

 

Deur die heelal

Grys-bruin hang die horizon aan die hemel
Met sagte wolke wat die spasies vul
Waarvan die aarde nie sal val
Of oor die afgrond hel

Veertjielig bly die aarde sweef
Met miljoene wat daarop leef
Tog sweef hy voort
Deur die heelal voort

 
Lukas Engelbrecht

 

Is dit seer?

Jammer om jou uit te trek
Jou klere van jou lyf te trek
Dit stukkend te skeur
Ek hoop dit is nie te seer

Want in die nartjieskyf
Binne in jou lyf
Lê die geure
Onder daardie klere

 Lukas Engelbrecht

Grys om die lyf

Kaal gestroop van die lewe
Staan hy in die koue en bewe
Want grys is sy lyf
Wat hy die hemele in dryf

Maar gelukkig vir hom
Sal die lente weer kom
Om hom aan te trek
Sy liggaam te bedek

Want lowergroen in die blaar
Wat die eerste lentereën baar
Om my te verwonder
Aan God se wonder
 

Lukas Engelbrecht

Rustig

Rustig luister ek na die natuur
As ek die verte in tuur
Tot daar waar alles eindig 

Na die gezoem van die by
Hier naby myWat werskaf aan sy korf

 Na die voël se lied
Wat die verte in skiet
En ‘n draai maak in my siel

 Die lied van die blaar
Laat my na die hemele staar
En dan is daar die stilte

 
Lukas Engelbrecht

Thursday 11 May 2017

Jy is wat jy is

Een molekuul energie uit die heelal
Het op die aarde kom val
Om om dit bymekaar te maak
‘n liggaam vir die taak

‘n Taak volgens die liggaamGekoppel aan ‘n naam
Want die vermoeëns wat hy kry
Dit is jy

Jy kan nie anders wees
Dit is ek bevrees
Want jy is wat jy is
Omdat jy is wat jy is

Wanneer die heelal sy energie opeis
Is dit die einde van die reis
Dan val alles weer uitmekaar
Om ‘n nuwe liggaam te baar

Lukas Engelbrecht

Oud word

Wanneer ‘n ding aanen jou lyf kom knaag
En die ledemate word traag
En die luidspreker word hees
Is jy deel van “ou mens” wees

Wanneer daar ‘n bewe aan jou hand kom sit
En is hulle ook nie van enige nut
Want die vingers word krom en styf
Het jy dalk ‘n “ou mens” lyf

Wanneer die bene begin te wankel
En die ore raak stil
En jou vriende los jou wees
Is jy deel van “ou mens” wees

Wanneer jy ‘n pil het vir elke skeet
Al het jy die rede lankal vergeet
En jy opstaan met ‘n styf
Het jy dalk ‘n “ou mens” lyf

Want oud moet jy word
Voordat jy oor die afgrond stort
Om ‘n vrede te beleef
En die ewigheid in te sweef

Lukas Engelbrecht

 

Ek wonder oor U

Ek sit en wonder oor U mag
Het U regtig die krag
Om gebede te verhoor
Wat U so baie moet aanhoor

Wat is dit wat ek dan moet doen
Om my met my wense te versoen
Die nuttelose gevoel
Het sekerlik tog geen doel

Want dit is uit my hand
Ek staan hier op die kant
Van die spel van my lewe
Wat ek teen myself verloor

Want die wenstreep is buite bereik
Wat net nog verder uitwyk
Want die spel wat ek speel
Word op ‘n andser veld gespeel

Ek het die pad buuister geraak
My reis het ek gestaak
Want die pad lei nêrens heen
Nou sit ek langs die pad en ween

Sal my trane se nat
Wat in die droë sand spat
Genoeg wees om my wense
Te laat gaan verby hul grense?

 Lukas Engelbrecht

 

My geskiedenis

My geskiedenis lê geskrywe
In lane van grafte
Van oupas se oupas
Vermoor op hul plaas

Lukas Engelbrecht

 

Monday 8 May 2017

Wie sê wat?

In die middle van die nagLê daar ‘n miljoene woorde en wag
Om in rye in te val
My gemoed oorval

Ek sou tog reken
Dat dit iets moet beteken
Dat die wysheid wat daarin lê
Dalk iets vir my wil sê

Soos die bakker se deeg
Lê ek hier leeg
En wonder oor die lewe
Oor die woorde geskrewe

Soms maak dit nie sin nie
En weet ek nie van hul koms nie
Die boodskap wat daarin lêEn wie dit vir my wil sê

 Lukas Engelbrecht