meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Liefde

Wednesday 11 February 2015

Liefde

1        U sê ons moet ons naaste liefhê

          maar weet ons wat hierin lê

          alles wat ek doen is uit liefde

          want my God is liefde

2.       Gee my, Vader, om te kan verstaan

          om liefde te gee soos U my vermaan

          uit liefde kom elke goeie daad

          op U liefde maak ek staat

3.       Laat U liefde in my groei

          dat ek van liefde gloei

          liefde vir my medemens

          is my hart se wens

4.       Met U liefde seën U my

          van U liefde kan ek nie genoeg kry

          wanneer ek liefde betoon

          is dit U wat ek vertoon

5.       Laat my U vertoon aan elkeen

          so kan U hulle ook seën

          laat my liefde van ‘n rein hart wees

          sonder hoogmoed, sonder vrees

6.       U liefde, vir my, verstaan ek nie

          want ek verdien dit nie

          nogtans stort U dit uit

so groot en so wyd

7.       Niemand kan ‘n definisie gee

          van U liefde aan ons bestee

          ons neem dit vanselfsprekend aan

          ons dink nooit eers daaraan

8.       Laat U liefde in my skyn

          sodat die nag vir ander verdwyn

          sodat hulle U lig kan sien

          en so U ook kan dien

9.       Sit U liefde in my hart

          genoeg liefde vir al die smart

          van hierdie liefdelose lewe

          laat my na nog meer liefde strewe

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment