meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek Roep

Tuesday 17 February 2015

Ek Roep

Ek beveel al die kragte van die heelal

Die magte, die wysheid van ooral

Om voor my te staan

In my diens te gaan

Magte, kragte, wysheid maak gou

Ek verwag julle nou

 

Met die krag en mag in my hand

Die wysheid in my verstand

Is ek nou in beheer

Oor alles wat ek begeer

Daarom beveel ek dan nou

Deur die magte aan my toevertrou

 

Dat ek oorvloedig sal hê

Alles waar word wat ek sê

Dat ek kan sing soos die nagtegaal

En my nie met bekommernis opsaal

Dat ek elke kans sal opraap

En rustig sal slaap

 

Sodat ek vryheid kan bekom

Wanneer sukses op my neerkom

Sodat ek weer die sonbesie kan hoor

En die roos my weer bekoor

Sodat ek weer ‘n vry mens kan wees

En my nagrus weer soet sal wees

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment