meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Eerste lente reën

Tuesday 17 February 2015

Eerste lente reën

Reën druppels hop op die grond

En spring in alle rigtings rond

Op die vaal, grys tapyt

Wat honger na die water byt

En haastig opsuig vir die doel

En die res oor haar liggaam laat spoel

 

Haar eerste was die jaar

Plassies waarin voëltjies baljaar

Die holtes skink Hy tot oorloop

En laat dit oor haar liggam loop

Die stof bymekaar te maak

Want haar liggaam is naak

 

Die reën is weg en die son skyn

Tog is daar goed in die pyn

Kyk hoe sy haarself beklee

Met die hulp van die feë

In groen, rooi, pers en geel

‘n mooier kleed kan jy jouself nie verbeel

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment