meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Versies vir Celia

Tuesday 17 February 2015

Versies vir Celia

Ons liefde bind ons saam

in ons eie wentelbaan

Deur die heelal van die lewe

Waardeur ons swewe

 

Wanneer die son van jou liefde om my skyn

Word my probleme nietig klein

 

Jou liefde is soos die maan

Wat helder skyn in sy wentelbaan

Om my donker te vernietig

Al is ek dit nie waardig

 

In my nag skyn ‘n ster

Wat oor die heelal oor fluister

En woorde van vertroosting bring

Met liefde my omring

 

Soos die golwe van die see

Soveel liefde het jy om te gee

Saggies val die reën

Soos jou liefde wat ons seën

 

Ek verlang na jou

Om jou in my arms toe te vou

 

Dis pure vreugde om by jou te wees

Die liefde in jou oë te lees

 

Uit goud is jy gesny

Waar sou ek beter kry

 

Soos ‘n diamant sy glans kry van die son

So kry jy glans uit hierdie beton

 

Elke mens het een gawe

So het ek ook een……..Jy

 

Soos ‘n skip in die hawe

Is jy my anker in die lewe

 

Van die hoogste en die laagste

Die naaste en die verste

Is ek vir jou die liefste

 

Jy is my kameraad

Vir die oog ‘n sieraad

 

Soos die winde aanwaai

Soos jou liefde my herlaai

 

Soos ‘n piesang vir ‘n bobbejaan

Is jy my hele bestaan

 

Ons is vir mekaar bedoel

Anders had ek geen doel

 

Al is ek soms onmoontlik

Bly jou liefde wonderlik

 

Vir my bly jy bo

Al is dit ook net op ‘n foto

 

Soos ‘n rivier na die see aanvloei

En die plante sy walle begroei

So het jou liefde my laat groei

 

Ek wil jou vertoon

Soos ‘n pragtige see-anemoon

 

Ek voel die orkaan

As jou liefdestorms om my gaan

 

Soos die vere van ‘n pou

Soos die liefde van my vrou

 

Al word ek ook hoe oud

Bly jou liefde pure goud

 

Soos ‘n melktert se korsie

Is jy my porsie

 

Soos ‘n oase in die woestyn

So is jy my liefdesfontein

 

Toe jy in my lewe verskyn

Het die sterre aan die hemel verdwyn

 

Wanneer jou liefde oor my spoel

Weet ek ons is vir mekaar bedoel

 

Die lewe is ons ateljee

‘n toneelspel vir ons twee

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment