meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Spele van my Siel

Tuesday 17 February 2015

Die Spele van my Siel

Die Olimpiese Spele het begin

Met my eerste tree die lewe in

Die stryd word aangesê

Vir alles wat nog voor lê

 

Die stryd tussen liggaam en siel

Soos ‘n bokser jou verniel

Die stryd tot die dood

Wat hulle wegsteek in ‘n sloot

 

Op die pylvlak teen tyd

Lê die liggaam se stryd

Wat roem of oneer bring

Waaroor die siel ongeerg sy mismoë sing

 

Die stryd om beheer van die mens

En die oorsteek van ‘n vasgestelde grens

Wanneer die dood die liggaam vaspen

En die siel uiteindelik wen.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment