meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Vigs

Wednesday 18 February 2015

Vigs

Versigtig loer ek oor die horison

Dis ek wat die mense noem die Son

Om weereens te aansou

Hoe mense hul eie grafte grou

 

Sien die man daar oorkant staan

Met die dood wat langsaan staan

Op soek na die wêreld se plesier

Om die dood so aan te stuur

 

Die dood is in sy hand

Sy doodsaad in ‘n hoer geplant

Daars ‘n fees in haar huis

Sy lê die dood in haar kluis

 

Die deure oopgegooi

Nog ‘n vreemdeling word ingenooi

Daar binne wag die dood

Onwetend van sy nood

 

Versigtig loer ek oor die horison

Dis ek wat die mense noem die Son

Oop grafte teen die bult

Vir wie gee ons die skuld?

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment