meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Kindersiekte

Tuesday 17 February 2015

Kindersiekte

Wanneer die siekte jou aanval

Blink daar ‘n traan op jou wang

Wanneer jy na my hulp vra

En ek onnosel blyk

 

Wanneer kieme jou liggaampie inval

En die koors lê rooi op jou wang

Wanneer jy die virus verdra

En jou gesiggie verbleik

 

My hart lê in die gal

Wanneer die duiwel vir my lag

Wanneer ek jou siekte wil dra

Maar net staan en toekyk

 

Wanneer frustrasie my vuiste bal

Magteloos lê ‘n traan op my wang

Wanneer ek hoop op die doepa

En verpletterd na Bo kyk

 

Wanneer my hart tot in die hel val

En my tong bevry van die wag

En ek toevoeg aan wie dit vra

En deur ‘n liefdestraan na jou kyk.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment