meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: My gebed vir my volk

Tuesday 24 February 2015

My gebed vir my volk

Vader help tog my volk

Hulle is soos in ‘n wolk

Hulle kyk en sien net hul eie self

Verlore iewers in die gewelf

 

Hulle het teenoor U oortree

Deur af te wyk van U weë

Stadig maar seker het hulle verdwaal

Tot iewers in die hel neergedaal

 

Vergeef tog en vergeet

Al was hulle so wreed

So hardkoppig en eiewys

Wil U tog nie genade bewys

 

Wil U nie hul pad blokkeer

Sodat hulle om sal keer

Al moet die bloed ook vloei

Soos my hart nou bloei

 

Gee ‘n leier vir my volk

Wat U woorde vir ons tolk

Wat U sê vir ons sal sê

‘n ware Godsman wil ons hê

 

Gee hulle insig en verstand

Voordat hul vlerke verbrand

Voordat die nag hulle oorval

Voor die geweer se laaste knal

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment