meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wie kan?

Wednesday 11 February 2015

Wie kan?

1.       Wie kan U nadoen

          doen wat U kan doen

          wie kan die aarde vormeer

          bou ‘n berg, ‘n see, ‘n meer

 

2.       Wie kan die see opdam

          en die wildsbokkie laat lam

          wie kan die gras laat opskiet

          ‘n ster teen die hemel laat verskiet

 

3.       Wie kan vorm met sy hand

          die aarde se kosbare sand

          wie kan die heelal se kant bepaal

          en tussen die sterre ronddwaal

 

4.       Wie kan ‘n mens laat opstaan

          uit die stof van die aarde opstaan

          wie kan aan hom lewe gee

          en hom seën al het hy oortree

 

5.       Wie kan sy seun laat sterf

          en hom red van die verderf

          wie kan hom opwek uit die dood

          wie is so groot

 

6.       Wie se woord sal bly staan

          wat nie verby sal gaan

          wie sal sonder slaap kan gaan

          om altyd by jou te staan

 

7.       My Here, my God

          Hy bepaal jou lot

          deur Jesus Sy Seun

          en die Heilige Gees wat jou steun

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment