meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wat is Liefde

Sunday 1 February 2015

Wat is Liefde

Liefde is die aantrekkingkrag tussen my en jou

Liefde is die gevoel in my hart wat jou by my wil hê

Liefde is my wense vir jou, mooi, goed

Liefde is die begeerte in my hart om jou styf teen my vas te druk

 

Liefde is dit wat vir my sê jy is ‘n wonderlike meisie

Liefde is dit in my wat jou belange eerste stel

Liefde is wanneer en met jou wil gesels al het ek niks om te sê nie

Liefde is dit wat maak dat ek aan jou wil vat al mag ek nie

 

Liefde is die selfbeheersing wat ek moet toepas wanneer jy naby is

Liefde is wanneer ek jou hare wil streel al wil jy nie

Liefde is wanneer ek vir ure in jou oë wil kyk al kyk ek weg

Liefde is wanneer ek totsiens sê al bedoel ek dit nie

 

Liefde is wanneer my hart ween omdat jy ver is

Liefde is wanneer ek sê: Ek het jou lief, al het jy nie

Liefde is die nuwe lewe in my wanneer ek jou sien

Liefde is die hoop dat jy ook lief is vir my al weet ek nie

 

Liefde is die geloof dat dinge vir ons sal uitwerk al lyk dit nie so nie

Liefde is die hunkering in my siel na jou liefde.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment