meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Waar is God

Tuesday 10 February 2015

Waar is God


Ek ken Sy gebod
Maar waar kry ek God
Ek soek en vind nie
Ek kyk en sien nie
 
Sononder stap ek langs die see
Die groot magtige see
Waar is Hy wat jou gemaak het?
Wat jou strome vasgelê het?
 
Hoog troon jy uit bo als
Die wind wat deur jou blare wals
Het jy Hom gewaar
Jy wat oor alles staar
 
Van waar kom jy
Waarheen gaan jy
Het jy Hom gekry
Hy van wie jy jou rigting kry
 
Jy wat daar hoog skyn
Wie se strale nie verdwyn
In die maan sien ek jou
Waar is Hy wat gesê het ‘skyn’ vir jou
 
Waar is Hy wat jou beveel
Om jou druppels met my te deel
Jy wat alles skoon was
Waar is Hy wat is en wat was.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 
 
 

No comments:

Post a Comment