meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Vergewe My

Monday 9 February 2015

Vergewe My

Ek het jou ‘n oneer aangedoen

Ek het nie besef wat ek doen

Ek het teenoor jou gesondig

Jou hartseer is oneindig

 

Ek het teenoor jou oortree

Ek het soos ‘n dwaas opgetree

Wat ek gedoen het is verskriklik

Ek het nie gedink aan jou geluk

 

Ek kan ‘n duisend verskonings gee

Ek kan die skuld vir iemand anders gee

Of ek kan die skuld aanvaar

En hoop dat jy my verskoning aanvaar

 

Ek vra verskoning vir my optrede

My oortredings van die verlede

Vergewe my vir die smart

Vind nogtand liefde in jou hart

 

As ek sê ek is jammer, glo my

As ek sê ek is nog lief vir jou, glo my

Daarom wil ek vra: vergewe my

As jy dit oor jou hart kan kry, vergewe my.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment