meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: ‘n Rivier van Liefde

Monday 9 February 2015

‘n Rivier van Liefde

Uit die berge vloei 'n stroompie

stadig en swak vloei die stroompie

my liefde is hierdie stroompie

suiwer skoon my liefdesstroompie

 

Ander stroompies vloei na my

stroompies van liefde kom na my

'n rivier word die liefde van my

diep en breed die liefde van my

 

Soos bome staan my dade

die bome van my liefdesdade

langs die rivier groei my dade

liefde onderhou my liefdesdade

 

My liefde raak stadigaan weg

die bome raak stadigaan weg

deur die woestyn vind ek my weg

onder die skroeiende son raak ek weg

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment