meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek verlang na die dag

Monday 2 February 2015

Ek verlang na die dag

Ek verlang na die dag dat ek jou in my arms kan neem

Jou saggies nader trek en jou teen my vas kan druk

En ons bewus word van mekaar se liefde

 

Ek verlang na die dag dat ek jou op jou mond kan soen

Jou lippe sag en gretig op myne tot in ewigheid

Ons begeertes na mekaar se liefde

 

Ek verlang na jou stem wat sê: Ek het jou lief

Genot vir my ore, ‘n seën vir my siel

Ons geniet mekaar se liefde

 

Ek verlang na die uitbarsting van jou vurige liefde

Ons gooi alles oorboord in liefde

Tevrede in mekaar se liefde.

 

 

L.C.J. Engelbrecht




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment