meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Stupid

Monday 2 February 2015

Stupid


Hoe stupid kan ‘n man nie wees nie
Om vir ‘n meisie lief te wees nie
Jy sê: ”I love you so”
Sy sê: “Staan maar in die tou”
 
Sy sê nie hoe sy voel nie
Dit maak nie vir jou sense nie
Sy kry tog al my briefies
So mooi en so liefies
 
Wat is dit wat sy nie sê
Wil sy of wil sy dit nie hê
Bêre sy dit of gooi sy dit weg
Dink sy dis goed of dink sy dis sleg
 
“n Man bly maar ‘n fool
en stuur nog een so “cool”
Nog steeds laat weet sy niks
Geniet sy dit of niks
 
Nou stuur ek dit nie meer
Totdat sy dit waardeer
Totdat sy vir my sê
Dat sy nog meer wil hê.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 
 
 

No comments:

Post a Comment