meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek het jou altyd lief

Monday 2 February 2015

Ek het jou altyd lief

Jy is die lig in my lewe

Jy is my skat, meisiekind

Jy is my deel in die lewe

Jou het ek altyd lief

 

Jy is ‘n pragtige mens

Jy is ‘n dierbare kind

Jy is ‘n kragtige heler

Jou het ek altyd lief

 

Jy is ‘n beeldskone vrou

Jy is so seksie gebou

Jy is die deur van my hart

Jou het ek altyd lief

 

Jy is die klop van my hart

Jy is die bloed in my are

Jy is die lug in my longe

Jou het ek altyd lief

 

Jy is die straal van my son

Jy is die skyn van die maan

Jy is die ster in my nag

Jou het ek altyd lief

 

Jy is die wind deur my hare

Jy is die reën in die dag

Jy is die sneeu in die winter

Jou het ek altyd lief

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment