meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Reën

Tuesday 20 January 2015

Reën

Ek is al siek en sat

Want elke dag reën ek nat

Dit reën en reën en reën

Dis nou glad nie meer ‘n seën

 

Ons het mos daarom gehoop

Dat ons damme vol moet loop

Ons het nou water vir ons vee

Al voer die reviere baie water mee

 

Die reën maak die aarde skoon

‘n gewillige werker sonder loon

Hy werk ‘n dae lange skof

En verwyder al die stof

 

Dit laat die gras vinnig groei

En die perskebome bloei

Dit gee lewe aan alles en almal

Passop, keer, die dam se wal

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment