meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Hy’s Dood

Wednesday 21 January 2015

Hy’s Dood

Die reëndruppels spat teen die ruit toe hy werk toe ry

En hy probeer die groot plasse water misry

Oeps! daars nog een

Waar gaan die motor nou heen

 

Die pad, die grond, die paal

Die remme het gefaal

Hy stamp sy kop teen die ruit

Sy kersie gaan uit

 

Op die gebuigde paal sit hy nou

Die toneeltjie hier onder hom en beskou

Almal hou stil op Polisie bevel

Almal besig om hul seëninge te tel

 

Wat 'n vreemde gevoel

Om die mense so te sien woel

Om my liggaam te bevry

En uit die motor te kry

 

Hy's dood! gil 'n vrou

Nogeen val flou

'Ek dood, dit sal die dag wees,

hier sit ek dan in liggaam en gees'

 

'Maar aan die ander kant,

daar lê my liggaam op die pad se rand

as dit my liggaam is

is ek net 'n gees, dis gewis.'

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment