meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Baba

Wednesday 28 January 2015

Baba


‘n Baba is ‘n oulike mensie
as hy net nie so wil grens nie
hy is altyd nat en vol winde
en verg nogal baie sielkunde
 
Mooipraat, paai en winde uitslaan
maak ‘n ma nogal gedaan
doeke omruil en was
voel hy soms na ‘n las
 
Sy laggie wek ‘n gevoel van warmte
En soms ook jammerte
Want hy is ‘n hulpelose baba
En sy enigste hulp is sy mamma
 
Maar haar bors swel
As sy van hom vertel
Haar storie ‘n bietjie oordrewe
Want hy is haar lewe.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment